You are here:   Interesting Reading > Van toeka se dae
Register   |  Login

Van alle kante

   Minimize

" Daar is seker geen plaas in die unie van Suid Afrika waar daar nie 'n hond aanwesig is nie. Meestal sommer net 'n hond. Die hond moet kos kry en is in die meestal gevalle net 'n motorjaer wat verder hoegenaamd geen diens doen nie, behalwe as sy baas te perd veld-toe ry en dan miskien 'n hasie opja."

Hierdie aanhaling het ek oorgeneem iot 'n besonder interssante artikle in Die Landbouweekblad, geskryf deur mnr Jan A.G. Jacobs. Almal wat van honde hou - en as ek van honde praat, bedoel ek natuurlik nie die gedoentetjies wat mense in hul arms dra of wat geen ander slaapplek as die rusbank in die huis kan nie- sal hierdie artikel geniet.

Mnr. Jacobs vertel van sy skaaphonde, hoe hy hulle leer en wat hulle vir hom op die plaas beteken. Die wenke wat hy gee in verbaand met die aftigting van sy honde behoort baie waardevol te wees vir mense wat 'n bietjie sukkel om die regte opvoeding aan hulle honde te gee.

Net een baas.

'n Hond moet net een baas he. Dit is een van die voorvereistes vir 'n goeie opvoeding vir 'n hond. Mnr Jacobs beklemtoon die noodsaaklikheid dat net een persoon die hond moet kos gee, hom moet streel en liefkoos en bevele aan hom gee.

Almal wat met goeie honde te doen het, weet hoe gou 'n hond verboureerd raak as meer as een bevele aan hom gee. Ek het gesien hoe iemand in die teenwoordigheid van die hond se baas aan die hond bevele gegee. Die hond het na sy baas gekyk, weggespring, gaan staan en weer na sy baas gekyk. Dit was baie duidelik dat die hond net op 'n woord van sy baas gewag het.

"Hulle jaag vir my die skape aan en as ek die skape moet dokter, is hulle my enigste hulp. As ek die skape uit die pad moet keer weens die verkeer, dan is dit maar weer my honne wat die werk moet doen. Hulle is altoos by die skape as hulle wei; pas hulle snags op en verdedig die baas met trop op en al." Dit is Mnr Jacobs se getuigskrif vir sy honde.